May3

Lize Beekman & Jaconell Mouton

Die Boer Teater-restaurant, Chenoweth street, Durbanville, Cape Town

Lize Beekman is terug met ou gunstelinge en nuwe vuur. Na ’n loopbaan van 23 jaar bring sy ‘n Gunstelinge album uit, en hierdie vertoning is ‘n viering van die bekende sielswoorde uit haar pen en wysies wat mens met jou saamdra. Soos altyd kan gehore verwag om rustig te word en meegevoer te word na plekke waar tyd ‘n bietjie minder saak maak. Oudergewoonte kom kleur Jaconell Mouton Lize se musiek in op klavier met haar ongelooflike musikaliteit. Maak seker jy bespreek jou kaartjie vroegtydig.

R165