May23

Vollebors In Afrikaans

 —  —

Sun Arena, Menlyn Maine, Pretoria, Pretoria

Maak jou reg vir ʼn legendariese musiekreis van oorspronklike Afrikaanse musiek, huidige sowel as nostalgiese treffers, alles op een verhoog. Talle optredes sal deur talentvolle plaaslike kunstenaars op internasionale vlak gelewer word, wie se bekers oorloop van musikale talente.

Baie van die sangers is kunstenaars in murg en been en word die blootstelling gegun om dit ten toon te stel. Meeste van die kunstenaars is liedjieskrywers en sangers, sommige is ook bedrewe digters en ander kan selfs toor met ‘n verfkwas.

Kunstenaars wat optree by Vollebors in Afrikaans sluit in:

Juan Boucher Jan Blohm Gerhard Steyn Herman Kleynhans Dozi Refentse Tarryn Lamb Gian Groen Steffie le Roux Wynand & Cheree Strydom Jakkie Louw Con Grazia Anton Goosen en nog vele meer!